U ken my en al my dae 

U Jesus ken my en weet hoe ek voel
Hou my vas dat my liefde vir U nooit verkoel
Swaar en moeilik sal daar in die lewe wees
Versterk my asb deur die Heilige Gees
Hier op aarde verstaan ek nie alles
Die hartseer, die pyn en dit wat mal is
Mense en vriende, hulle stel ook teleur
Hou my staande, want baie gaan ek daaruit leer
U Here ken my, asook al my dae
Voor ek kan dink weet U al wat is my vrae
My Verlosser, alles gebeur tog met n rede?
Wys my hierdie een, want van U alleen kom die vrede
Een ding weet ek, en dit is U sal my nooit verwyt
Want die wat U eerste soek, sal U vind, dis U belofte, n werklikke feit

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00