ʼn Ware valse geloof

Teen die waarheid het jy gedurig baklei
En met jou woorde het jy almal gevlei
Almal het gedog jy is ʼn christen en gered
Maar die tekens het gewys jy geniet die wereld se pret
Oor die Bybel was daar altyd n lawaai
En op die einde het jy jou rug op Jesus Christus gedraai
Jesus se woorde is glo en bekeer
Sonde is te lekker en jyt jou nie daaran gesteur
Jy klou vas aan die doop
Maar jou lewe daarna maak dit alles goedkoop
Jyt dalk die wereld en sy vriende gewen
Maar eendag gaan jy staan voor God en hoor: “Ek het jou nooit geken.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00