Dis nooit te laat 

U Gees het gekom en aan my hart geklop
Elke liewe sonde het toe uitgedop
Ek het besef ek is verlore oppad na die hel
My hele lewe het gegaan oor die wereld, en ek was sy pêl
Die trane was daar ek moes kies wat om te doen
Die antwoord was duidelik, Jesus Christus kan my met God versoen
Bekeer van jou sonde en glo in My Seun
Dit was die opdrag, genade gevind deur Hom alleen
So het ek gedoen en my hart nou alleen Syne
Dood is die sonde, Jesus is nou verewig myne
Kyk asb nou na my nuwe lewe
Gehoorsaam aan God dis waarna ek strewe
Dis nooit te laat om na Jesus te reis
Die wat kom sal Hy nooit weg wys

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00