n Pastoor het homself vermom

n Pastoor het homself vermom as n hawelose bedelaar en toe na die kerk gegaan waar hy daardie oggend as die senior pastoor ingehuldig sou word. Die kerk het n 10000 ledetal gehad. Hy het n halfuur voor die diens opgedaag, en terwyl die mense in hulle honderde begin aankom het, het hy tussen hulle rondbeweeg. Uit al daardie honderde mense het net 3 hom gegroet. Hy het vir sommige n bietjie kleingeld gevra om kos mee te koop, maar NIEMAND het vir hom n enkele sent gegee nie.
In die kerk het hy heel voor gaan sit, en van die opsigters het hom gevra om asseblief heel agter te gaan sit. Hy het mense gegroet, maar al wat hy terug ontvang het is n paar vuil kyke en mense wat hom skaamteloos aanstaar. Mense het neer gesien op hom en hom veroordeel.

Hy het agter gesit toe die diens begin, en daar het hy geluister na die aankondigings en die sange, en toe dit alles klaar was, was die ouderlinge baie opgewonde om die nuwe senior Pastoor aan die gemeente voor te stel.

“En nou wil ons Pastoor Jeremiah Steepek aan julle voorstel”………… die gemeente lede het rondgekyk, en begin hande klap in afwagting………… Stadig het die hawelose boemelaar opgestaan en voorentoe gestap…… die geklap het opgehou…….. alle oe op die boemelaar gerig, stilte… Hy het na die verhoog gestap, en die mikrofoon by die ouderlinge geneem (wat geweet het wie hy was), en toe na n oomblik se stilte het hy begin lees…..

(Mat 25:34) Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

(Mat 25:35) Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
(Mat 25:36) Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
(Mat 25:37) Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
(Mat 25:38) En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
(Mat 25:39) En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
(Mat 25:40) En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.

Na hy gelees het, het hy met die gemeente sy ondervinding van die oggend gedeel. Daar het menige kop in skaamte gesak, die trane het vrylik gerol. En toe se hy: Vandag sien ek voor my n skare mense…… nie die kerk van Jesus Christus nie. Die wereld het oorgenoeg mense, maar daar is n ernstige tekort aan ware dissipels. Wanneer gaan jy besluit om n ware dissipel vir Christus te word.
Hy het die diens toe daar afgesluit.

Om n christen te wees is meer as net n titel wat jy vir jouself toe eien, dit is n leefwyse waarin ander Christus se lig deur jou kan sien skyn.
Kom ons word ware dissipels van Hom!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00