DAAR IS ‘N VRIEND WAT STERKER AANHANG AS ’n BROER ...

Spr.18:21

 

Die Here het vir ons in Job. 24:22 gesê, ‘sluit tog vriendskap met Hom sodat jy vrede kan hê’.  As ek nou weer met julle oor vriendskappe moet praat, dan gaan dit vir die Christen nie oor die ‘vriendskap met die wêreld wat vyandskap met God is’ nie …’ ook nie van ‘n ‘mooiweer’ vriend wat jou vandag aanhang en prys en more in die rug steek nie, maar van daardie uiters seldsame vriend wat tot die dood toe jou lojale vriend sal wees, van wie Jesus self gesê het … ‘groter liefde het niemand as dit nie, as dat iemand sy lewe vir sy vriende gee!’

 

Die Heilige Gees beskryf vir ons só ‘n Vriend wat sonder weerga is, in Spr.18:21: ‘Daar is ‘n Vriend wat sterker aanhang as ‘n broer’. Só ‘n vriend is beslis – die Here Jesus Christus, die Seun van God wat ook, as Seun vd mens,tot ons vlak neergedaal en in alle opsigte aan ons gelyk geword het. Let op net 2 dinge van hierdie Vriend wat Hom so besonders, onmisbaar en dierbaar vir ons maak: Hy het ons vir Homself …                doelgerig geskape … en … toe ons ‘verlore’ geraak het, duur gekoop.

 

DOELGERIG GESKAPE:

 

Hoekom dan het God (Elohim – meervoud) volgens Gen.1:26, op die 6de skeppingsdag ‘n raadsvergadering belê en besluit: ‘Kom, laat Ons mense maak na ons beeld en gelykenis’. Omdat daar, na al die wondere in Sy hele groot en heerlike Heelal van Sy skepping, daar nog in God se hart iets baie belangrik ontbreek het! Sy hart het uitgeroep … nie na nog meer vonkelende sterre, of meer planete, oortrek met mooi blomme op al die planete nie, of na nog baie meer pragtige engele wat Sy bevele stiptelik gehoorsaam nie … hulle wat net maar ‘dienende geeste’ is … maar na ‘iemand’en na ’n persoon soos Hyself,met wie Hy’n ewige band van vriendskap kon aanknoop!

 

Toe het God besluit om die mens te skape, nie net om ‘n heerser op die aarde … ‘n oorwinnaar (Grieks – ‘stephanos’) te wees nie (Heb.2;6-8) … of selfs net vir sondaars om deur die wedergeboorte een van Sy eie familie te word nie, maar een wat sy betroubare en geliefde, Sy beste vriend kon wees … een na Sy eie beeld en gelykenis met wie Hy op gelyke voet en op ‘n vreugdevolle en spontane wyse kon verkeer enintiem kommunikeer.  Een met wie Hy sy mees intieme wense en geheime van Sy hart kon deel … nie net een soos ’n dienskneg, aan wie hy net bevele kon gee en dwing om Hom blindelings te gehoorsaam nie, maar een wat self kon KIES om Hóm vrywillig en bo alles vurig lief te hê, Hom volkome te vertrou en vreugdevol gehoorsaaam! As jou kinders gedwing moes word om jou wense te vervul, sou hulle ‘gehoorsaamheid’ dan nie vir jou van geen waarde wees nie Dít is die kwaliteit vriendskap en toewyding wat God bedoel het en soek … sy droom en begeerte waarna Hy nog altyd gesmag en verlang het!   

 

DUUR GEKOOP:  1 Kor.6:10; 7:23

 

Paulus herhaal dit – ‘Julle is duur gekoop …’ Géén ander koopmiddel was ooit só kosbaar nie en géén ander losprys was al ooit só groot en duur nie! Gekoop met die bloed van Jesus en gestort deur die mense wat Hyself geskape het! Die meeste mense verwag dat God hulle maar ‘uit liefde’ moet vergewe, maar besef nie dat die sonde wat Jesus gekruisig het, God se hart verskeur het nie!

 

Daar is twee byvoeglike naamwoorde in die N.T. vir die bloed van Jesus: ‘Onskuldige bloed (deur Judas …en … kosbare bloed (deur Petrus)!’ Hierdie onskuldige bloed en kosbare bloed het vryelik gestroom uit Sy 7 gapende wonde – sy hoof, sy rug, sy hande, sy voete en – die pynlikste – Sy HART wat later met die spies deurboor is, maar wat alreeds in Getsémane gebreek het!

 

Die goeie nuus is egter, soos Jesaja sê  : ‘deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom’  en WAT ’n genesing! – jou onsterflike siel wat Hy red en hoe Hy jou met God versoen … jou gees wat Hy herheef en vernuwe deur die Heilige Gees wat in jou binneste kom woon … selfs jou liggaam vind gena, as Hy ook jou krankhede genees en jou dikwels misbruikte, vernielde en ‘vernederde liggaam uiteindelik (sal) verander om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam’ (Fil.3:21).  

 

Daar is ’n VRIEND wat sterker aanhang as ’n broer! (2 broers in Italië – een wat moord pleeg en ander een wat hulle klere omruil en sy broer laat vlug in sy eie skoon klere! Toe trek hy die bloedbevlekte klere van sy broer self aan en pleit net – misdaad moet gestraf word en hoe eerder, hoe betet! Voordat hy tereggestel is, skryf hy toe ’n kort briefie aan sy broer:‘ Môre sterf ek met jou klere aan, ’n jou plek. Leef jy nou, met my klere aan, asseblief soos ek geleef het!) Dit was die werklike prys wat Jesus betaal het om jou en my so DOELGERIG te skape en só DUUR te koop!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00