Rommelstrooi

In Nederland het ‘n sekere dorp baie probleme ervaar met rommelstrooi. Tevergeefs het hulle die probleem probeer oplos met meer personeel wat die gebied moes patroleer en dubbele boetes neerlê. Iemand het egter toe met die voorstel gekom dat hulle liewer mense wat hul rommel in houers gooi moes beloon. ‘n Rommelhouer wat geld uitskiet elke keer as rommel in die houer geplaas word sou ‘n te duur affêre wees. Maar dit het egter tot ‘n ander idee gelei – ‘n rommelhouer sou ontwerp word wat elke keer ‘n opgeneemde grap sou speel wanneer rommel ingegooi word. Verskillende houers sou verskillende soorte grappe speel en opnames is elke twee weke geruil. Die inwoners het uit hul pad gegaan om rommel in hierdie rommelhouers te gooi en skoon was hul strate en omgewing.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00