Vir meer as ‘n jaar lank het ‘n klein ou vrou, wat los huiswerkies gedoen het en in ‘n minder gegoede gemeenskap gewoon het, probeer om lidmaatskap te verkry by ‘n kerk geleë in ‘n deftige woonbuurt. Die predikant was nie gretig om ‘n ou persoon, wat siekerig gelyk het en uit die mode klere gedra het, te laat sit in sy kerkbanke tussen sy ryk gemeentelede nie.

Sy het hom vyf keer geroep om haar lidmaatskap te bespreek maar hy het haar vir vyf keer ge-ignoreer.

Selfvoldaan sê die predikant vir haar: “Gaan vanaand huistoe en dan gaan praat jy met God tydens jou gebed daaroor, en dan kom vertel jy my later wat God vir jou gesê het.” Die arm vroutjie is na die gesprek huistoe.

Weke het in maande verander en die predikant het haar nie weer gesien nie. Sy gewete het hom effens gepla. Op ‘n dag ontmoet hy haar waar sy besig was vloere te skrop in ‘n kantoorgebou en hy  vra vir haar:  “Mev. Washington, het jy toe jou klein gesprekkie met God gehad?”

“o, ja, verseker, het sy geantwoord, ek het met God gepraat soos u my aangeraai het.”

Nuuskierig vra hy: ” Wat was God se antwoord?”

“Wel, dominie, en sy druk haar bossie toutjierige hare met haar hand weg wat met seepskuim nat was en sê: “God het vir my gesê ek moenie ontmoedig voel nie, maar dat ek moet bly probeer, want Hyself probeer al  20 jaar lank om in dieselfde kerk te kom en Hy het nie meer sukses gehad as wat ek gehad het nie.”

ANONIEM

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00