ja, Hy is geheel en al die lieflikheid self

“… ja, Hy is geheel en al die lieflikheid self…“

 

 

Is hierdie woorde wat die bruid hier in Hooglied van haar 

beminde uiter, die taal van u hart van u beminde, die Here 

Jesus Christus? Is Hy vir my en u geheel en al die 

lieflikheid self?

Soos u kan onthou uit die vorige uitgawes is ons besig om 

met u vier gedagtes te deel aangaande die gedagte waarom 

die Here Jesus vir ons wonderlik moet wees en altyd 

wonderliker moet word. Ons het alreeds gekyk na:

 

 

1) Ons het die geopende oog…

 

 

2) Ons het die geopende deur…

 

 

3) Ons het die geopende boek…

 

 

En in hierdie uitgawe wil ons gaan kyk na die vierde en 

vernaamste gedagte nl. 

4) Ons het die geopende fontein. Sagaria 13:1 “In dié 

dag sal daar ‘n geopende fontein wees… teen sonde en 

onreinheid.” Dis sonde en onreinheid wat maak dat ons Hom 

nie duidelik kan sien nie en Hy dus nie vir ons so wonderlik is 

nie. (Matt 5:8) 

 

 

Die bloed van Jesus is kosbaar weens sy koopwaarde of 

koopkrag. Al die goud van die wêreld kan nie een siel uit die 

mag van die Satan loskoop nie, maar die bloed van Jesus is 

genoegsame losprys vir die hele wêreld. (1 Tim 2:6)

 

 

By ‘n dieper besef van die kosbaarheid van die 

bloed van die Lam, kry ons dus ‘n dieper besef van 

die kosbaarheid van ons eie siel. Maar as die Gees 

van God nie Sy lig op die bloed laat val het nie, sal 

ons in ons blindheid voortgaan om al die aandag 

aan die sterflike liggaam te wy en die kosbare 

onsterflike siel verwaarloos. Die bloed word baie 

kosbaar vir iemand wat al uitgevind het wat ‘n 

magtige wapen dit is teen Satan en sonde; want 

daar is mos ‘n gedurige stryd, nie waar nie? Die 

een ding wat die Satan al te graag probeer, is om 

my wit bruilofskleed te besoedel. Die bloed is 

kosbaar omdat dit altyd beskikbaar is in die stryd 

wat voortduur tot die end toe, en omdat dit ons 

instaat stel om altyd oorwinnaar te wees.

‘n Kind speel met ‘n ongesluipte diamant. Hy nie 

geweet dis ‘n ongesluipte diamant nie en het dit sy 

blinkklippie genoem. Sy ouers was net so onkundig 

oor die saak. Eendag het daar ‘n man kom kuier 

wat kennis gehad het oor diamante. Hy sien toe 

dadelik raak dat hierdie blinkklippie duisende 

ponde werd is. Hy maak dit toe aan die ouers 

bekend en dadelik kry daardie blinkklippie vir 

hulle nuwe waarde en hulle sien daarin plase, 

huise, beeste en skape, ja die voorsiening van al 

hul tydelike behoeftes.

Net so is dit vir baie van ons met die bloed van 

Christus. Ons bly kleinkindertjies in ons kennis 

daarvan en gaan as gevolg armoedig en sukkelend 

deur die lewe, totdat Hy wat kennis het, die 

dierbare getroue Heilige Gees ons oë oop maak vir 

die waarheid.

 

 

Uit Oom H.T. de Villiers se boekie “ Krag om reg te lewe “

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00