Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  <a href="mailto:tjcloete@absamail.co.z

VEE DIE SPORE DOOD!

 

‘n Staaltjie vêêêr uit die verlede:

 

Plaasmense het ‘n nie-hulle-eie-grootmaakkind gehad.  Hy was hy nie vertraag nie, maar het dinge net bietjie stadiger as ander gedoen.  Maar hy wou graag ander mense help en het dit sy dagtaak gemaak om dit te doen en sy ‘stadigheid’ het hom nie gekeer om dit wat hy met oorgawe gedoen het, reg te doen nie.  Al wat hy wou gehad het was net bietjie vriendelikheid en erkenning vir sy aandeel in ander mense se beswil.  

 

Die plaaspad na die plase verderaan het by hulle opstal verbygegaan.  Uiteraard, soos dit op plase gaan, was daar hekke.  En vir ‘n plaashek is daar mos so ‘n erekode: jy kry hom toe, en as jy deur is, maak jy hom toe.   Om die lewe bietjie makliker vir die mense wat van of na die plase anderkant hulle plaas reis te maak, het hy die laaste hek daagliks beman.  Van vroegmore af tot na sononder is die hek flink oop- en toegemaak sodat die reisigers sommer kon deurry sonder om eers te stop.

 

Almal het hom geken, soms het iemand hom met ‘n geldjie beloon, maar al wat hy rêrig wou gehad het was net ‘n “goeiemore, -middag of -naand” of net ‘n wuif of ‘n glimlag so in die verbyry.

 

Maar soms het mense aan wie hy sy liefdesdiens bewys hom geïgnoreer – so soort van as vanselfsprekend beskou dat hy vir hulle gerief daar moet wees.  Nie ‘n glimlag, net ‘n hand wat gelig word of ‘n more, middag of naand deur ‘n oop venster nie.  Dan, as hulle deur die hek en weg is, het hy sorgvuldig die kar se spore van beide die kom en gaan rigting met sy voete uitgeskop-vee, doodgemaak.  Vir hom was daardie mense nooit dáár nie, vir daardie moment was hulle nie deel van sy lewe nie, hulle bestaan nie vir hom nie, hulle spore is uitgevee.

 

‘n Mens kan hierdie besonderhede seker op verskillende maniere na beide kante toepas (so op die einde van die dagstukkie-jaar!), maar kom ons neem ons die voor om met die hulp van die Here te doen:

 

Om onbaatsugtig selfs die geringste takie wat iemand kan bevoordeel nie as benede ons waardigheid te ag nie;

 

Om opreg dankbaar te wees vir selfs die geringste wat iemand vir ons doen en dit te erken, al is dit net met ‘n hand wat gelig word, ‘n glimlag, ‘n eenvoudige ‘dankie’;

 

Om so te loop in, saam met of vir ander mense se lewe dat hulle ons spore, óns, wil onthou in plaas om te wil vergeet ons was ooit daar. VANAF Dr P. ROUSSEAU

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00