Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE

Hatsuko Yamauchi, 75 jarige huismaker in Japan, merk vertellenderwys op dat hulle die afgelope dekades al heel lekker Kersfees fier. Hy sê, “Ek weet nie waaroor Kersfees eintlik gaan nie. My dogters het daarvan te hore gekom en wou hê dat ons dit ook moet fier. Dus het ons ‘n Kersboom in die sitkamer opgesit, en ‘n blompot in die vorm van Kersvader in die ingansportaal, en ons het ‘n heerlike tyd saam. Is dit nie wat Kersfees veronderstel is om te wees nie – om ‘n knus tyd saam met mens se familie deur te bring nie?” Die probleem is dat dit nie die doel van Kersfees is nie. Kersfees is ‘n tyd wanneer ons God se grootste geskenk aan die mensdom moet herdenk. Soos die 3 wyse manne buig ons voor ons Koning Jesus Christus selfs al was Hy ‘n baba in ‘n krip. Ons moet na ons lewens kyk en onsself twee vrae afvra. Het Kersfees meer begin gaan oor Vader Kersfees as oor die Seun van God? Twedens, plaas ons Jesus in die middel van nie slegs Kersfees nie, maar ook van ons lewens, dat ons vir Hom kan lewe en Sy woord kan eer. Is Jesus Christus nie alleen die senter van die Geskiedenis nie maar ook van ons lewens.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00