Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

Baie Christene koester nie die Bybel nie. Dit is so maklik om ‘n Bybel te verkry maar dis ook net so maklik om dit te verwaarloosl. Is ons lief vir die Bybel omdat ons die Skrywer daarvan ken?  ‘n Man van Kansas City in Amerika was erg beseer in ‘n ontploffing. Evangelis Robert l Summer praat van hierdie man in sy boek, ‘Die wonder van die woord van God’. Hierdie man se gesig was erg vermink. Hy het sy sig verloor asook beide van sy hande. Hy was ‘n nuwe bekeerling en die grootste teleurstelling vir hom was dat hy na hierde besering nie meer die Woord van God sou kon lees nie.  Hy hoor toe van ‘n vrou in Engeland wat braille met die hulp van haar lippe lees. Hy stuur toe vir ‘n paar boeke van die Bybel in Braille. Dit was vir hom ‘n groot teleurstelling om uit te vind dat die senuwees eindes in sy lippe totaal vernietig was met die ontploffing en dat daar geen gevoel in sy lippe meer was nie. Sy tong het per ongeluk ‘n paar van die Braille letters geraak en hy was verheug om te ontdek dat sy tong wel gevoel gehad het. ‘Ek kan die Bybel lees deur middel van my tong’ was sy eerste gedagte. Daardie man, skryf Summers , het al vier keer deur die Bybel gelees met sy tong!

 

 

(Robert Summers)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00