Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WINSTON CHURCHHILL SE DIEPSTE UITROEP!

 

Winston Churchhill se pa was baie jaloers op sy seun.  Hy het nooit ‘n goeie woord oor sy seun gespreek nie.

 

Dit is by almal bekend wat ’n goeie leier Churchhill was en in die boek “ THE LAST LION “ word hy aangehaal:-  “I would rather had been an apprentice for a brick layer, or run errands as a messenger boy, or dressed the windows in the local shops, if I could have had the support of my father.”

 

Sy grootste vyand en kritiek was sy eie pa. Winston het nooit sy pa se jaloersheid verstaan nie.

 

Liewe vriende – Is dit nie so dat jaloersheid in die tyd waarin ons leef seëvier nie?

 

Jy kan gaan net waar jy wil en jy sal jaloersheid vind. In die huwelik , in die werksplek , op die sport veld, in die mode , in die straat …………. vul jy maar in!

 

Waar kom dit vandaan? Paulus skryf vir ons van die vrug wat uit die mens kom:- GAL. 5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; :20  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; :21  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

 

Wat is die oplossing om van al hierdie vrug van die mens / vlees ontslae te raak? Paulus kom weer met die antwoord: – GAL. 5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;

 

Elke dag maak jy die besluit:- Gees of vlees se vrug!! WAT KIES JY VANDAG?

 

GEBED

 

Here, ek weet dat die Gees en die vlees is voortdurend in geveg met mekaar. Ek erken hierdie vyand wat my van die Geestelike wil beroof. Dankie dat U my instaat stel om te oorwin! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00