Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WEGKRUIPERTJIE MET GOD!

 

Pappa speel wegkruipertjie met die kinders. Die een dogtertjie hardloop na die kamer van haar ouers en kruip in die middel van die bed onder die komberse weg. Niemand kan haar sien en kry nie sou sy dink maar die groot bult op die bed maak haar duidelik sigbaar. Dit is Pappa wat dan maak asof hy haar nie sien nie en toelaat dat sy dink sy is onsigbaar vir almal.

 

God laat soms toe dat Sy kinders wegkruipertjie speel met hulle aksies. Hy laat toe dat Sy kinders dink hulle is onsigbaar met hul rebellie en self-vernietigende optrede.

 

God kan dit toelaat want net Hy is instaat en kragtig om die pyn ,die seer en die alleen wees van om “verlate” te wees te kan vat. Hoe ironies?! Ons wat geskape is om God te verheerlik in gemeenskap met Hom het die neiging om ongelooflik hard daaraan te werk om God “verlate “ te laat.

 

My liewe vriend/in het jy ookal gedink dat jou aksies wat jy doen onsigbaar is vir God? Die leuen wat jy vertel , die bedrog wat jy pleeg , die transaksie onder die tafel , die gereedskap of skryfbehoeftes wat jy by die werk steel, jou onregverdige  optrede teenoor iemand, die seksuele gedagtes, die Naam van die Here wat jy so gebruik, die onvergewingsgesindheid waarmee jy in jou hart lewe, die afgod van jou kinders,man,vrou,geld, wat ookal, die aborsie wat jy ondergaan het of watter aksie ookal. Speel jy wegkruipertjie met God wanneer dit jou pas? Verlaat jy God? Draai jy jou rug op die alomteenwoordige God?

 

Is dit nie nou die tyd om soos die Skrif ons leer:- 1 JOH. 1:7 “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”

 

Weet NOU en besef dit :- JESAJA 29:15 “Wee hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?”

 

God is bewus van AL jou dade en optredes al is dit net jy en Hy wat dit weet!

 

GEBED

 

Ag Here, ek besef dat U van alles weet , al wil ek vir myself lieg om te sê U weet nie van dit nie. Waarlik U is ‘n God wat lewe en alomteenwoordig , alwetend en almagtig is. Here ek bely nou voor U my sonde van………….. en ek vra dat U my sal vergewe? Dankie dat ek U vergifnis kan aanvaar op grond van U woord , want U Woord sê in: 1 JOHANNES 1:9 “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” Here baie dankie dat U dit gedoen het en dat ek vry kan wees van my sonde! Word U verheerlik deur my lewe? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00