Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WATER IN DIE WYN!

 

Die liefdes storie van ‘n koning wat graag vir al sy mense wou wys hoe lief hy vir hulle is.

 

Die koning het besluit om ’n baie groot ete voor te berei vir al sy mense. Hy sou dan elke familie nooi na die ete. Die koning sal al die vleis koop, al die groente, al die slaaie laat voorberei en al die nagereg verskaf vir almal in sy koninkryk, behalwe , hy sal nie die wyn verskaf nie.

 

Die koning het ’n beroep gedoen op al die mense om net een bottel van hulle beste wyn saam te bring en dan kan hulle dit in ’n baie groot vat wat die koning sal verskaf ingooi en almal kan dan van die wyn drink.

 

Wat ’n fees sal dit nie wees nie? Die koning wil sy liefde vir sy mense toon.

 

Een van die boere, ’n baie arm man, het besluit om sy bottel wyn met water te vul. Hoe sal die koning ooit weet? Sy een bottel water gemeng met duisende liter wyn sal geen verskil maak aan die smaak van die wyn nie en die koning sal dit nooit weet nie.

 

So het die boer toe die trappe na die bopunt van die vat geklim met sy bottel wyn, ek meen water, en terwyl niemand kyk nie, het hy die bottel in die vat gegooi.  Hy het gelag, want hy het goedkoop weg gekom.

 

Die boer het by die tafel van die koning gaan sit. Al die mense het hulle plekke in geneem en die koning het almal verwelkom.

 

Die koning het sy bord vol van die heerlike kos geskep. Die koning het sy goue koninklike beker opgetel en dit onder die kraantjie geplaas en sy beker gevul met die wyn. Die koning kyk in sy beker en tot sy verbasing was dit, ja, suiwer skoon water.

 

Elkeen van die volk het gedink dat sy bottel water sal geen verskil maak in die vat vol wyn nie.

 

Vriende, jy moet besef dat jou deel wat jy doen of bring maak ’n verskil!

 

Twyfel kan nie gevoed word met twyfel nie. Jy sal sterf!

 

Twyfel sit om in ’n houding van foutvinderigheid, pessimisme en negatief oor alles.

 

Gaan jy ook opgee? Gaan jy ook weghardloop? Gaan jy ook begin dink aan selfmoord?

 

Onthou, JOU deel wat jy doen of bring is baie belangrik!

 

Moenie jy ook jou rug draai en wegloop nie!   Hou aan!!!

 

Hou aan om die Here te dien al is die omstandighede moeilik.

 

JOH. 6:66  Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.

 

GEBED

 

Here, daar is tye wat dit vir my voel dat ek nie meer kan volhard nie! Dankie dat U met my is en dat U my instaat stel om te volhard. Here, ek sal Nie omdraai nie! Ek sal aanhou om U te dien! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00