Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WAT IS AAN JOU GEOPENBAAR?

 

Dit is vir ons duidelik dat ons as mens nie alles weet nie en dat God ook nie alles aan ons openbaar nie.

 

Dit is wel duidelik dat God sekere dinge aan ons openbaar!

 

Hier volg net ’n paar:-

 

1. 1 JOH.  1:2  en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is—

 

    Die ewige lewe is aan ons geopenbaar! Elke mens moet weet dat hierdie

 

    lewe op aarde nie die einde is nie. Die ewige lewe volg vir die kinders van

 

    God en – hoe wonderlik – dat God dit vir elke mens wil gee! Dit is die

 

    mens wat moet kies of hulle dit wil bekom of nie!

 

2. 1 JOH. 3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.

 

     Bedink dit?? Hoe wonderlik is dit dat God selfs ook die twee van mekaar

 

     skei? Die kinders van die geregtigheid en die kinders van die duiwel! Dus 

 

     kan ons in die lig van die Skrif duidelik die onderskeid maak. Ek vra:- In

 

     watter kategorie val jy?

 

3. 1 JOH.4:9  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

 

     Hoe wonderlik om die geopenbaarde liefde van God te kan ken!? God 

 

     het ons lief ten spyte dat jy in jou sonde is. Daarom stel Hy jou die keuse

 

     om die ewige lewe te aanvaar!

 

4. 1 TIM. 3:16  En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.

 

     Hoe wonderlik om net by hierdie vers stil te staan en die wonderlike openbaring

 

     van God te bedink?

 

5. GAL. 5:19  En die werke van die vlees is openbaar,

 

    Die sonde is ook aan die mens geopenbaar. Die Heilige  Gees sal altyd getrou

 

    wees om dit aan jou te openbaar!

 

6. EFES. 3:1  Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is—

 

    EFES. 3:2  as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,

 

    EFES. 3:3  dat Hy aan my deur ‘n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;

 

    EFES. 3:4  waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,

 

    EFES. 3:5  wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

 

    EFES. 3:6  dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

 

Hier is dit aan die Jode geopenbaar dat ook die heidene gered kan word. Dus die Saligheid van Christus Jesus is vir elke mens op hierdie aarde.

 

GEBED

 

Here, ek aanbid U vir die openbaring wat U vir ons as mens gee. U is voorwaar wonderlik! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00