Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

WANNEER KOM VREUGDE?

 

Ek is seker dat jy oor baie dinge van die lewe dink! Talle kere dan wil jy jouself oortuig dat vreugde kom sodra jy uit die skool is. Vreugde sal kom sodra jy klaar studeer en getroud is. Vreugde sal kom as die eerste kind daar is, dan die volgende kind, dan die volgende. Jy is gefrustreerd as vreugde nie kom nie want die kinders is nou tieners en aaaag as dit net eers verby is. Vreugde sal kom as jy en wederhelfte beter salarisse kan kry , beter motor kan koop, huis klaar betaal is, lang vakansie kan neem of afgetree is.

 

Die geheim van wanneer vreugde kom is dat dit NOU is. Daarom koester elke oomblik  van jou lewe.

 

SO, STOP OM TE WAG ……

 

….totdat jou motor klaar betaal is,

 

….totdat jou huis klaar betaal is,

 

….totdat jou kinders uit die huis is,

 

….totdat jy tien kilogram verloor het,

 

….totdat jy tien kilogram aangesit het,

 

….totdat jy somer in jou lewe ervaar,

 

….totdat jy winter ervaar,

 

….totdat jy afgetree is,

 

….totdat jy dood is.

 

Daar is geen beter tyd as NOU om vreugde te ervaar nie.

 

Vreugde is ’n reis, nie ’n bestemming nie.

 

Die beste vreugde wat jy ooit kan ervaar is om Jesus Christus te aanvaar!

 

GAL. 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

 

GEBED

 

Dankie Vader dat ek die vreugde in U kan ervaar!! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00