Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VRIENDE!

 

As Vriende mekaar nie dra nie,

mekaar se probleme nie verstaan nie,

mekaar nie moed inpraat nie,

nie vir mekaar bid

of saam kan skaterlag nie……

Dan staan hulle heeltemal alleen.

Hulle moet mekaar raadgee en aan die hand

neem.

Mekaar na die Kragbron lei

waar almal garingdrade is . . .

 

Bid vandag vir almal

wat 'n verskil in jou lewe gemaak het

En dankie dat JY 'n verskil maak in my

lewe!!!

Ek is lief vir jou!

 

Kyk vandag met nuwe oë na jou ma, pa

jou dogter, jou suster,seun, broer,…

hulle is 'n kunswerk, uniek geskape deur ons

Hemelse Vader… almal met 'n spesifieke

doel.

 

Sê dankie, vir al die dinge wat ander vir ons

doen wat ons as vanselfsprekend aanvaar!!!

 

Dankie vriende,

dat julle my help om my draadjie weer

met was te smeer en sterk te maak!!

 

JOB 22:21  Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

 

GEBED

Here, dankie vir vriende wat ondersteun en vir my bid – seën hulle met U Hemelse seën? Dankie dat U my Vriend is! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00