Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VIR ALTYD EN VIR EWIG!

 

In 1994 het twee Amerikaners, op uitnodiging van die Russiese Departement van Onderwys, in Rusland onderrig gegee volgens Bybelse beginsels. Hulle het in skole, tronke, besighede , polisie – en brandweer departemente asook in weeshuise klas gegee.

 

Dit was die vakansie tydperk en vir die eerste keer in hul lewens het die weeskinders die verhaal van Jesus Christus se geboorte gehoor.  Hulle is vertel van Josef en Maria wat na Bethlehem gegaan het, geen herberg gevind nie en dat hulle in die stal oorgebly het waar Jesus gebore is in ’n krip. Die kinders het tydens die vertel van die verhaal aan die onderwysers se lippe gehang en sommige het op die punt van hulle stoele gesit en luister.

 

Die kinders is toe na die verhaal die aktiwiteit gegee om ’n krip te bou van karton en dan geel papier te skeur vir die voorstelling van die strooi in die krip. Die baba en die doeke is van fluweel gemaak.

 

Die onderwysers het deur die klas beweeg en alles het goed verloop. Die kinders het mooi saam gewerk maar een van die onderwysers het toe opgemerk dat die een seuntjie het twee babas in sy krip. Die tolk is nader geroep en die kind is uitgevra.

 

Misha , ‘n ses jarige seuntjie , het die verhaal baie goed verstaan maar het sy eie einde van die verhaal bedink. Hy vertel:- “ Maria het Jesus in die krip gelê en Jesus het my gevra of ek ’n plek het om te bly. Ek het toe vir Jesus gesê dat ek by Hom kan bly want ek het nie ’n mamma of ’n pappa nie. Jesus het toe gesê dat ek by Hom moet bly. Ek het gesê ek kannie want ek het nie ’n persent om vir Hom te gee nie. Ek het toe vir Jesus gesê dat ek kan by Hom lê om Hom warm te hou as Hy dit as ’n geskenk sal aanvaar. Jesus het toe gesê dat dit reg is en toe het ek in die krip geklim. Jesus het toe na my gekyk en gesê ek kan vir ALTYD EN VIR EWIG by Hom bly.

 

Misha se trane het oor sy wange gerol en toe sy kop op die tafel laat sak en gehuil en gehuil en gehuil. Misha, die weeskind,  het iemand gekry wat hom nooit sal verlaat nie of aanrand nie maar iemand wat vir ALTYD EN EWIG by hom sal bly.

 

HEBR. 13:5   Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

 

1 JOH. 4:13  Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

 

GEBED

 

Here, baie dankie dat U altyd by my sal bly! Dankie dat ek by U vrede en kalmte kan vind al gaan dit dol rondom my! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00