Geskryf deur THEUNIS,</span

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

VIER STELLE TANDE.

 

Simon was ’n Ortodokse Jood wat alles in sy vermoë gedoen het om rein te bly en te lewe. Simon het dan ook ’n vriend gehad – James – wat nie sy geloof gedeel het nie.

 

James het eendag opgelet dat Simon het vier stelle tande. Hy het die vrymoedigheid gehad om vir hom te vra waarvoor al die tande was. Simon wat verbaas was oor die vraag het verduidelik dat hy Kosher wil lewe en toe die vraag beantwoord:- “ Wel, ek het ’n stel tande waarmee ek  alle melk produkte eet. Ek het ook ’n ander stel waarmee ek vleis eet. Dan het ek ’n stel wat ek gebruik tydens Paasfees.” Hierna was dit stilte en James het toe vir Simon aangemoedig en gevra waarvoor die vierde stel was. Simon het geknak onder die vraag en baie gefrustreerd geantwoord:- “ Het dit enige iets met jou uit te waai as ek so af en toe ’n ham en kaas toebroodjie wil eet?”

 

Hoe baie wil so graag Christene wees maar hulle het korrupte handelinge wat ’n skande vir die saak van God is. Daar is ’n plan vir elke aspek van die lewe. Christus Jesus het dan vir ons die opdrag gegee om Heilig te wees want God is Heilig – 1 Petrus 1:16

 

Vriend/in – is jy ook die een wat maar aanpas met die verskillende geestelike tande soos wat die verskillende “borde kos” in hierdie lewe voor jou neergesit word?  

 

Paasfees is op hande – dink wat God vir jou gedoen het? Hy het nie terug gedeins nie maar jou straf volkome gedra sodat jy verlossing kan ontvang. Al wat Hy van jou verlang is om Heilig te lewe in elke aspek van jou lewe en dat jy slegs sal “eet” wat sal sterk tot Sy eer?

 

GEBED

 

Dankie Here dat U my nooit verlaat maar altyd roep om Heilig te lewe soos U verlang. AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00