Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

TSOENAMI SKEUR DEUR VERSPERRINGS

 

Die massiewe M9.0 grootte aardbewing wat Japan op 11 Maart 2011 getref het, verwoes die wêreld se diepste golfbreker met ‘n momentum gelykstaande aan die krag van 250 makrostralers wat teen 1,000 kilometer per uur vlieg.

 

Die kolossale twee-kilometer-lange breekwater aan die monding van Kamaishi-baai, was 20 meter dik, 63 meter diep en het 8 meter bokant seevlak uitgesteek om die hawe te beskut. “Guinness World Records” het dit aangestip as die diepste golfbreker in die wêreld, maar dit is in oomblikke totaal uitgewis. Die kus se keerwalle, die finale verdedigingslinie tussen die golfbreker en die strand is deur die tsoenami weggesleur soos bottelkurke.

 

Nog ‘n breekwater by Miyako, 10 meter hoog was die ‘Groot Muur van Sjina’ genoem deur die plaaslike inwoners — blykbaar omdat hulle geglo het dat dit hulle sou beskerm teen die geweld van die see. Die kragtige tsoenami het hierdie ‘groot muur’ minagtend weggevee en die stad omvorm tot ‘n moeras, ‘n puinveld van vissersbote en verwoeste huise wat uitsteek bo die grys modder.

 

Daar is tekens dat die tsoenami se seewater ‘n 37.9 meter hoogte bereik het!

 

“Die golf se krag was ver bokant ons berekenings,” bely Tomoya Shibayama, professor van Oseanografie van die Waseda Universiteit. “Die hele land sal hulle rampvoorkomingmaatreëls moet hersien.”

 

Bron: Yomiuri Nuus, Y Kaneko 2011-03-22

 

Die hele land moet egter ook ernstig besin oor die erkenning van God as die enigste ware en Lewende God!

 

Die Here bewerk onheil vir diegene wat nie vir God wil ken nie!

 

Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.

Hoe word hulle in ‘n oomblik ‘n voorwerp van verbasing,

vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!

(Ps 73:18-19, OV).

 

Afgesien wat die situasie ook al mag wees, God belowe dat Hy sal omsien na diegene wat Hom gehoorsaam!

 

In die vrees van die HERE lê sterk sekerheid,

ook vir die kinders van ‘n sodanige

sal daar ‘n toevlug wees

(Spr 14:26, OV).

 

Kom ons stel ons vertroue op Hom!

 

GEBED

 

Here, ek aanbid U – my siel is stil in verbasing en verwondering vir wat U kan doen. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00