Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

TOM EN ELEANOR.

 

Vandag wil ek julle die verhaal van twee kinders vertel.

 

Die eerste kind se ouers het eintlik nie bymekaar gepas nie. Die pa was werkloos en het geen naskool opleiding gehad nie en die ma was ’n onderwyseres. Die kind se IK was laag en na drie maande is hy uit die skool gehaal. Die kind is na twee jaar weer in die skool geplaas, nadat hy herstel het van griep en asemhalings probleme. Hy was besig om doof te word en sy emosionele gesondheid was swak. Hy was baie hardkoppig en het min emosie getoon. Hy het twee liefdes in sy lewe gehad naamlik, meganika en vuur , en so het hy ook sy pa se skuur afgebrand. Sy mikpunt was om ’n wetenskaplike of ’n spoorweg ingenieur te word.

 

Die tweede kind het nie baie meer belofte getoon nie. Haar pa was ’n alkoholis. As kind was sy baie siek en gereeld in die hospitaal opgeneem. Sy het haar naels gebyt en het talle fobies gehad. Sy het ’n rug probleem gehad, baie aandag gesoek, was ’n dagdromer het geen toekoms getoon nie, maar het wel gesê sy wil bejaardes help en siek mense.

 

Wie is hierdie twee kinders?? Die seun was Thomas Edison die uitvinder en die dogter was Eleanor Roosevelt wat vir baie depressiewe mense gehelp het.

 

DOELSTELLING – HOUDING – DETERMINASIE bring vir jou geluk.

 

Elke dag moet ons die doel van ons lewe uitleef tot eer van die Here.

 

FILIP. 3:10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,

 

:11 of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.

 

:12 Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.

 

:13 Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.

 

:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

 

GEBED.

 

Baie dankie Here, dat U die een is wat my elke dag in staat stel om te lewe tot U eer. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00