Geskryf deur THEUNIS,

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SWEEF SOOS ’N AREND!

 

’n Boer het eendag in die bos geloop en daar tussen die blare het ’n jong beseerde arend gelê. Hy het die arend na sy huis geneem en dit saam met die hoenders in die hok gesit en versorg. Die arend het gesond geword en elke dag heerlik gesmul aan die kuikens wat vir hom gevoer is.

 

’n Wildbewaarder het eendag verby die plaas gery en die arend in die hoenderhok gesien. Hy het die boer gevra wat die arend in die hoenderhok soek en die boer het hom die hele verhaal vertel. Die boer het verduidelik dat die arend dink hy is ’n hoender en dat hy net soos die hoenders optree.

 

Die wildbewaarder het gesê dat die arend het tog die hart van ’n arend en daarom moet hy soos ’n arend optree.  Hy het die arend geneem en op sy hand gehou en die arend beveel om te vlieg. Die arend het na die hoenders gekyk en net terug na die hoenders gespring.

 

Die wildbewaarder het die arend geneem tot op die dak van die huis en vir die arend vertel dat hy ’n arend is en nie ’n hoender en dat hy moet vlieg na vryheid. Weereens het die arend na die hoenders gekyk en sy vlerke het hom gedra tot by die hoenders in die hok.

 

Die wildbewaarder het die arend na die hoogste berg geneem , die arend op sy hand gehou en weer vir die arend vertel dat hy nie ’n hoender is nie maar ’n arend en dat hy moet vlieg. Die arend het nie beweeg nie. Die wildbewaarder het toe gesien dat op die vleuels van die wind ’n arend aangesweef kom in hulle rigting. Die arend het verby hulle gesweef en dit is toe dat die hoender-arend sy vlerke oop maak en na vryhied vlieg.

 

Dit is so dat die arend sy hoender vriende onthou! Dit kan ook wees dat hy sy hoender vriende van tyd tot tyd besoek MAAR nooit het die arend terug gekeer om weer soos ’n hoender te lewe nie.

 

PSALM 103:2  Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

 

:3  Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,

 

:4  wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,

 

:5  wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.

 

GEBED

 

Dankie Here, dat U my lewe herstel om te lewe soos ‘n kind van God! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00