Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

STAAN VOOR DIE WAARHEID!

 

HOSEA 10:12  Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ‘n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.

 

Hosea het as profeet opgetree in die Noordelike koninkryk van Israel. Dit was ‘n tydperk waar daar morele verval was. Hosea se gesin was ‘n beeld van God se verhouding met Sy volk waar Hosea getroud was met ‘n hoer. Sy die tipe van die volk wat altyd wegloop vanaf God maar God kom haal weer Sy volk.

 

Hosea het die sonde van die volk gekonfronteer en die volk gewaarsku teen die oordeel van God. Ja, dit is hy wat by die volk aangehou het om tot bekering te kom en hulle sonde te los.

 

Dus, “braak vir julle ‘n braakland,” dui op ‘n stuk grond wat voorheen geploeg en geplant was en wat vrug gegee het. Die feit is dat indien die saad op die harde kors van die  braakland val, kan dit nie ontkiem nie. Hierdie grond moet weer geploeg word, gesaai word en dan kan dit vrug dra.

 

God staan voor hierdie volk in Suid – Afrika , ja, teenoor jou en vra dat jy jou hart moet buig voor God om die Woord te hoor en ‘n dader daarvan te word. Ons sit met soveel mense wat Godsdienstig is , kerk besoek, Bybel lees, Geestelike liedere sing maar NOOIT daders van God se Woord geword het nie! Besef jy nie die doodsheid van jou siel nie? Besef jy nie dat jy met die praktyke wat jy beoefen weg beweeg het van die Here nie? Ja, jy het God se aanraking nodig sodat daar weer herlewing in jou kan wees.

 

Wat sou Hosea vandag gepreek het? Ja, presies dit wat hy geskryf het!

 

1.     Keer terug na die lewe van geregtigheid. Moenie saam met die stroom beweeg in die goddelose dinge nie!

 

2.     Aanvaar God se genade vir jou en vergewe ander soos God jou vergewe!

 

3.     Gee jouself oor dat God jou “OMPLOEG”?

 

4.     Kom tot stilstand en dink waar gaan jou lewe eindig indien jy so aangaan. Dink oor jou sondes!

 

5.     Soek die Here met alles wat jy het en is.

 

My vriend/in – jy staan voor die Waarheid! Wat sal jou besluit wees?

 

HOSEA 10:12  want dit is tyd om die HERE te soek,  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00