Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SLANG GEVEG!

 

Lucas Sibanda het in die bos geloop met sy eie gedagtes. Die paadjie was nou en die veld was dig. Rustig stap hy toe ’n luislang voor hom in die paadjie verskyn van agter ’n boom. Dit was sekondes toe is Lucas toegekrul deur die slang en poog die slang om die lewe uit hom te druk , sodat hy Lucas kan vreet.

 

Lucas was vas gevang in die sterk greep van die groot slang. Hy het nie geweet hoe hy sal maak om te ontsnap nie. Hy sê:- “ Ek het besluit om die slang te byt net agter die kop!” Hy het aanhou byt en skop en toe sy een arm los is het hy begin om die slang te slaan. Die geveg was hewig maar Lucas Sibanda het geweet dat dit is of hy wat gaan sterf of dit is die slang. Dit is eers na ’n hele groot geveg dat hy los gekom het. Hy het toe die slang dood gemaak met ’n stok.

 

Hierdie verhaal is vertel aan die Star koerant.

 

Vriende – daagliks word elkeen van ons deur die Satan – die ou slang van die Bybel – aangeval. Hy wil die lewe uit ons druk en ons verslind. Hy het net een doel voor oë en dit is om jou en die saak van die Here skade aan te doen. Jy moet tog net nie vir God iets beteken nie – is sy doelwit!

 

2 KOR. 2:10  ……….sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie;

 

2 KOR. 2:11  want ons is met sy planne nie onbekend nie.

 

1 PETRUS 5:8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

 

Hou vas aan die HERE – vertrou Hom en WAG op Sy verlossing.

 

GEBED

 

Vader, baie dankie dat ons die oorwinning in U besit. Dankie vir U getrouheid om ons te help. Here U ken my omstandighede maar ek hou my oë op U. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00