Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SKEI DIE MANNE VAN DIE SEUNS!

 

Ek is seker dat ons almal het al die uitdrukking :- Skei die manne van die seuns , gehoor? Die vraag wat ons kan of sal vra is:- Wat skei die manne van die seuns? Watter aspekte kan ons noem? Verseker aspekte wat gevaar inhou en risiko! Dan is daar nog die aspekte wat moed en gewilligheid inhou! Aspekte wat jou sal uitput en wat al jou vernuf sal neem om te bowe te kom. Ja, aspekte wat verwag dat jy dit volwasse sal aanpak en waarin jy sal moet volhard en nie net seunsagtige entosiasme en energie nie.

 

In ’n mate is die Here Jesus besig om die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan te gebruik om die manne van die seuns te skei. Christus is hier besig om die ware Kind van God wat sy geloof uitleef – met ander woorde wat ’n dader is van die Skrif – te skei van die mense wat maar net Godsdienstig is. Mense met die naam Christen maar geen vrug wat by die naam pas nie!

 

Vriend/in watter tipe Christen is jy? ’n Naam Christen waar almal weet jy het jou kerk en predikant en Bybel en soms bid jy? Of is jy die kind van God wat die Woord van die Here prakties uitleef tot eer van die Here omdat jy Hom lief het? Ondersoek jou lewe? Maak seker jy is op die regte weg en nie op ’n dwaal weg nie?

 

LUKAS 10:37  En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

 

Kom – ek daag jou uit vandag – “Gaan en doen jy net so”! Skei jouself van die mense wat voorgee hulle is Christene en lewe ‘n lewe wat Bybelse vrug dra tot eer van God! Laat ons na mekaar uitreik! Gee liefde vir jou vyand! Moenie oor die rooilig jaag nie! Praat die waarheid met mekaar! Moenie skinder nie! Moenie kwaad praat nie! …………………..

 

Wees ‘n “ man” in Christus en nie ‘n “seun“ nie!?

 

GEBED

 

Here, dankie dat ek myself aan U kan oorgee om onder die leiding van die Heilige Gees te kan lewe? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00