Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

SÊ MY HOEKOM?

 

Ek het langs die klein bababed gesit en gesien hoe die kleine kind sterf. Die ouers draai na my en vra:- ” Predikant, sê ons hoekom?”  Dan stap jy weg van die kinderkamer en sien hoe die baba’s lê , dan steek ’n vrou haar leë arms uit en vra:- “ Predikant sê my hoekom?”  Dan sien jy die vrou met trane in haar oë in eensaamheid, met die ongebruikte trourok, en sy vra:- “Predikant , sê my hoekom?” Daar is die vrou met die jare lange stryd van kanker en pyn en sy sê:- “Dit is vir my die moeite werd om te sterf ”, maar dan langs haar staan haar man met trane van liefde in sy oë en hy vra:- “ Predikant, sê my hoekom?” Dan is daar die man wat sy lewe neem van al die druk wat hy nie meer kon verwerk en daar staan die weduwee met hartseer en vrae in haar gemoed oor die toekoms, dan kom die kinders en hou haar aan die rok vas en sê: – “ Mamma, moet nie bekommer nie, ons sal die predikant vra en hy sal vir ons sê hoekom?” Ek sien daar by die graf hoe die moeder haar hart uit huil, dan weet ek , al het sy nie gevra, dat in haar hart, is:- “ Ek wonder hoekom?” Dan is daar die weeskinders wat in die lug na die blou hemel kyk en sê:- “ Al is pappa en mamma weg en ons nie weet hoekom, sal ons die predikant vra en hy sal vir ons sê!”

 

Dis dan dat ek na die Troon van die Vader gaan , so skaam en skugter vra ek:-

 

“ Here, U eie kinders wil weet hoekom?” Die Here antwoord my met ’n sagte stem so teer:- “ Hulle trane sal Ek afdroog en hulle oë sal Ek droog, maar hulle moet deur die geloof vandag kyk na more, want more sal hulle weet. Indien hulle vandag die antwoord kry op hoekom, sal hulle hoop verdraai en in die hemel sal hulle die vreugde van die hoekom,wanneer Ek dit vir hulle vertel,  nie ervaar.”

 

So het ek uitgevind, dat ek net my God moet vertrou, vir Hom getuig, my beste doen en wag op die tyd dat Hy my sal vertel HOEKOM!  

 

GEBED

 

Here , daar is so baie dinge wat ek nie verstaan nie en waarvoor ek antwoorde soek, maar ek sal U vertrou en wag op U tyd terwyl ek U aanhou dien. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00