Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

                                           IN DIE RUG GESTEEK?

 

Jy is diep seergemaak deur mense. Jy is in die rug gesteek deur ‘n vertroueling. Jy is vals beskuldig. Jou liefde is in jou gesig teruggegooi. Jou hart bloei. Maar God spesialiseer in gebroke harte. Hy het jou nog nooit verwerp of vals beskuldig nie. Hy wil jou net styf vashou en genees. Hy gooi jou toe met sy onvoorwaardelike liefde. En Hy help jou om hulle te vergewe wat jou gepynig het, sodat jy kan aangaan met jou lewe.

 

———————————————————————————————–

 

MOOI DAG!

 

As jy voel of jou takkie breek, onthou, Jesus is jou vlerke.

 

Soos druppels op ‘n roos val, val God se Gees op jou, en bedek jou vandag met nuwe Lewe, nuwe Krag, besondere Skoonheid en ‘n Liefike Geur.

 

Mooi harte is soos bome….

 

Mooi gedagtes die wortels, Mooi woorde die takke, Mooi dade die blomme en blare en jou mooi vriendskap die heerlike VRUGTE!

 

Mag jy ‘n mooi daggie vandag en altyd ervaar.

 

———————————————————————————————

 

Resep vir ‘n mooi week.

 

Gaan sit met jou tas worries by die HERE se voete, pak hulle 1 vir 1 uit en los dit daar. Dan pak jy net Sy liefde genade en vrede in jou tas. Hou dit by jou en jy is reg vir die week!!

 

En onthou:

 

Aan Sy liefde is daar geen einde nie.

 

———————————————————————————————

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00