Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

OPPONEER JY GOD?

 

PSALM 2:3  Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

 

PSALM 2:4  Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.

 

PSALM 2:5  Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:

 

PSALM 2:6  Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.

 

Van die dertig Romeinse keisers, goewerneurs van provinsies en hoog geplaastes wat hulself vernietig het as gevolg van hul ywer en bitterheid om die vroeë kinders van God te vervolg het die volgende met hulle gebeur:-

 

Een is spoedig ontwrig nadat hy gruwelike dade met die kinders van God gepleeg het, een is deur sy eie seun vermoor, een het blind geword, die ander een se oë het uit sy kop geval, een het verdrink, een het verstrengel geraak en gesterf, een is dood in afskuwelike toestande in die tronk, een het hom dood geval , een het gesterf aan ‘n walglike siekte wat niemand weet wat dit is nie en waarvan, van die dokters wat hom behandel het, ook gesterf het as gevolg van die reuk in sy kamer,  twee het selfmoord gepleeg, en ‘n derde het ook selfmoord probeer pleeg maar het nie daarin geslaag nie en moes iemand inroep om die daad te voltooi. Vyf is deur hul eie mense of slawe vermoor, en ander vyf het van die walglikste siektes gesterf. Agt is in die oorlog of in gevangenskap dood.

 

Onder van die mense was ‘n man – Julian die Afvallige. In die tyd wat hy geheers het, het hy sy dolk na die Hemel gehou en die Seun van God getart en gespot en hy het Christus Jesus sommer die Galiliër genoem. Hy is later tydens ‘n geveg in oorlogs tyd gewond en toe hy sien dat alles oor is, het hy sy bloed in sy hande geneem en dit na die Hemel gegooi en uitgeroep:- “ Thou has conquered, O thou Galilean.”  

 

Die mens rebelleer teen God wanneer God die sonde van die mens uit wys.

 

Hoe lyk dit in jou lewe? Jy het miskien nie die Christene vervolg nie maar jy rebelleer teen God se roepstem wanneer Hy jou roep om jou te bekeer van jou verkeerde weë.

 

Bekeer NOU van jou sonde en dien die Here met jou lewe!

 

GEBED

 

Here, ek gee totaal oor aan U! AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00