Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

‘N LEWE VAN INTEGRITEIT

 

Die antieke Chinese was bang dat vir hulle vyande van die noorde. Die Chinese het toe ’n groot muur gebou waaroor niemand kan klim nie en niemand kan dit afbreek of deur dit breek nie. Hierdie sekuriteit het die Chinese rustig gemaak – die vyand kan nie by ons kom nie.

 

Gedurende die eerste honderd jaar van die bestaan van die groot muur is China drie keer ingeval vanaf die noorde. Nooit het die vyand oor die muur gekom nie of die muur afgebreek nie – dit was ’n onmoontlike taak. Hoe dan? Elke keer is die wagte by die hek omgekoop en die vyand het regdeur die hekke gemarsjeer.

 

Die Chinese het so staat gemaak op hul groot en sterk muur dat hulle vergeet het om hul kinders integriteit te leer.

 

Wat is integriteit? Dit is meer as om altyd die waarheid te praat. Dit is om te doen wat jy sê jy gaan doen. Ja , dit is eenvoudig “PRACTICE WHAT YOU PREACH!”

 

MATT. 16:26 “Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel

 

                         skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?”

 

Na aanleiding van die teksvers – Het dit nie tyd geword dat ons , in 2010 , ons lewensstyl ondersoek en dan weer ons bron van waardes kies nie? Waar kry jy jou waardes vandaan? Is dit die TV , koerant , tydskrif , TV geselsprogramme,……..?? Waar?

 

Verder moet ons bepaal wat vir ons belangrik is!    Job skryf :- Job 34:4 “Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.”

 

Doen huiswerk en gaan sit en skryf neer die tien belangrike dinge in jou lewe.  Vra byvoorbeeld :- Hoe lank gaan hierdie ding my hou? Indien dit vir ewig is , is dit uiters belangrik. Indien dit 30-50 jaar is is dit minder belangrik en indien dit 10 jaar is nog minder belangrik.   Dus bring dit ons by die vraag:-

 

Is dit nie dat die wil van God vir jou lewe belangriker is as die gejaag elke dag nie?

 

1 Johannes 2:17 “En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”

 

Laastens is hier ‘n vraag wat jy eerlik voor God moet antwoord:- Wat veroorsaak stres vandag? Te min geld? – Nee ons kan ‘n plan maak en aanpas! Vriende wat jy verloor? – Nee ons kry weer nuwes!

 

Is dit nie die ongelykhede van jou lewe nie?

 

Jy sê jou familie is belangrik – maar die gemiddelde pa spandeer vyf minute aan sy kinders per dag.  Jy sê iets maar jy doen die teenoorgestelde.

 

Jy sê my gesondheid is belangrik – maar oefen jy? Eet jy reg?

 

Jy sê jy is nie ‘n materialis nie – hoe lyk jou oortrokke rekening / skuld?

 

Jy sê God is vir jou belangrik – Hou jy jou stilte tyd met God? Gee jy jou tiende van jou inkomste vir God se saak? Doen jy Bybelstudie?

 

Vriend het dit nie tyd geword dat jy doen wat jy sê nie? Ek weet jy het al probeer en dit hou vir twee tot drie weke dan is dit verlore. Ja, jy kan dit nie doen nie! Daarom jy het God nodig om jou te help!

 

Word stil voor God en gee jou lewe aan Hom oor , bely jou sonde en volg God se Woord.

 

LEWE ‘N LEWE VAN INTEGRITEIT!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00