MY VRIENDSKAP

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

 MY VRIENDSKAP

 

Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop

 

En te vra hoekom die ander so verkreukeld lyk.

 

Die lewe se wind dra ons weg met ‘ oppervlakkige “Goed dankie” en “Sien jou later”.

 

Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en

 

Wonder ons hoekom het ons nie lankal gevra nie.

 

Soms sien ons net die lentekleur raak op ‘n gesig en is ons nie eers bewus

 

Van die wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie.

 

Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons af en of

 

Dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai.

 

Pluk iemand ons vir ‘n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar.

 

Roos se dorings steek te seer en papawer wil MOS langs niemand wees nie!

 

Koringblommetjie kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en Hibuskus

 

Wonder of almal weet van haar verlede.

 

Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op Sy tuin en net pragtige blomme sien.

 

Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in Sy oë.

 

Vergewe my daarom as ek by jou verbygewaai het op ‘n herfsoggend en

 

Nie jou hand gevat het in die sonlig nie.

 

Vergewe my as ek op ‘n wintersoggend nie vir jou ‘n trooskombersie van

 

Woorde wou oorgooi teen die rypskade nie.

 

Vergewe my as ek op ‘n lente-oggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en

 

Spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie.

 

Vergewe my as ek op ‘n warm somersdag nie vir jou ‘n tydjie gemaak het nie,

 

Omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte

 

Van my vriendskap te bied.

 

Ek vra verskoning… Weet asseblief dat ek daar is en wil wees vir jou!

 

Job 22:21  Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00