MOSLEM GERED EN GESLAAN VIR DOOD!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

MOSLEM GERED EN GESLAAN VIR DOOD!

 

Josef het iewers in Afrika gewoon en het eendag op ’n pad gestap en ’n kind van die Here ontmoet. Hierdie persoon het die Evangelie met hom gedeel en net daar in die pad het hy Jesus Christus aanvaar en die wonderlike vrede en vreugde ervaar.

 

Hy was so opgewonde dat hy dadelik na sy klein dorpie gegaan het en van deur tot deur het hy die kruis boodskap van Christus met hulle gedeel. Die mans het hom gevang en die vroue het hom met doringdraad geslaan. Stukkend en vol bloed het hulle hom gelos om te sterf in die veld. Hy het sy bewussyn herwin en na ’n nabye watergat gegaan waar dit hom dae geneem het om te herstel. Hy het baie vrae gehad na aanleiding met wat met hom gebeur het. Hoekom het die mense nie dieselfde vreugde en vrede ervaar soos hy nie? Hoekom het hulle hom geslaan? Wel, al wat hy kon dink, is dat hy iets uitgelaat het. Hy het weer die verhaal van Jesus ondersoek en seker gemaak dat hy alles onthou.

 

Josef is terug na die dorpie en weer het hy Jesus verkondig terwyl hy in die middel van die dorpie staan. Dit was baie gou dat die mans hom weer gryp en die vroue hom weer begin slaan met doringdraad. Die ou wonde het weer oop gegaan en sommer gou is hy bewusteloos. Om die eerste keer te herstel was merkwaardig maar om nou te herstel sou ’n wonderwerk neem. Dae later het hy wakker geword en Josef was oortuig om terug te gaan na die dorpie om Jesus se werk aan die kruis te gaan vertel.

 

Hierdie keer is hy aangeval deur die mans nog voordat hy begin praat het. Net voordat hy sy bewussyn verloor het, het hy gesien dat die vroue wat hom slaan begin huil het.

 

Hierdie keer het hy in sy eie bed wakker geword en die mense wat hom geslaan het, het nou alles gedoen om sy lewe te red.

 

Die hele dorpie het daarna by die Here Jesus uitgekom.

 

1 KOR. 1:18  Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

 

Mag jy nooit die werk wat aan die kruis vir JOU gedoen is vergeet nie! Mag dit ’n werklikheid in JOU lewe wees want dit bring die vrede en vreugde.

 

GEBED

 

Here, baie dankie vir U gewilligheid om mens te word en aan die kruis vir my sonde te sterf! Ek aanbid U vir dit wat U vir my is! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00