MEDELYE!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

MEDELYE!

 

Dit is 1935, winter en baie koud en winderig. LaGuardia die burgemeester van New York maak sy opwagting by die naghof in die armste gedeelte van die stad.

 

Hy het die regter verdaag en die regbank oorgeneem om die sake aan te hoor.

 

Daardie nag bring hulle voor hom ’n verwaarloosde ou vrou wat ’n brood gesteel het by die kafee.

 

Sy het haarself verdedig en vertel hoe haar dogter, wat by haar woon,  haar man verloor het en die kinders is baie honger. Die kafee – eienaar het gewyer om die klagte terug te trek en aangevoer dat dit ’n swak woonbuurt is en van die ou vrou moet ’n voorbeeld gemaak word sodat die ander kan leer.

 

LaGuardia het gesug en hom na die vrou gewend.

 

“ Ek moet jou vonnis , dit is die wet wat dit verlang.”

 

TIEN DOLLAR OF TIEN DAE IN DIE TRONK.

 

Terwyl hy die vonnis uitspreek het hy in sy sak ’n tien dollar uitgehaal en in sy hoed gegooi en toe die woorde:- “Hier is die tien dollar wat ek vir haar betaal maar ek vonnis elkeen in hierdie hof met vyftig sent omdat julle toelaat dat mense brood steel om honger kinders te voed.”  Die geld is betaal en aan die ou vrou oorhandig.

 

Die volgende dag het die koerant berig:- “ Sewe-en-veertig dollars en vyftig sent is aan ’n arm vrou oorhandig wat ’n brood gesteel het om haar kleinkinders te voed. Die wat die bedrag betaal het, was ’n rooigesig kafee-eienaar, sewentig kriminele en ’n paar polisiemanne.

 

Laguardia het die prys betaal en die gevangene vrygelaat uit medelye.

 

HEBR. 8:12  “Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. “

 

Ek is seker dat elkeen wat hier lees weet dat God ons barmhartig is en ons sonde vergewe sodra ons dit bely. Hoe wonderlik om te weet dat Hy NOOIT weer daaraan dink nie. Dus, jy weet en dink aan jou sonde van die verlede maar God dink nie daaraan nie , want Hy het vergewe.

 

Nou – Waarom is dit vir jou so moeilik om hulle te vergewe wat teen jou gesondig het?  Verlang God dan nie van ons om ook medelye / barmhartigheid te toon nie?

 

MATT. 6:14  Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

 

MATT. 6:15  Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

 

Kom nou en buig voor die Here en vergewe hulle – wat keer jou – jou trots?

 

GEBED

 

My Vader, ek bid dat U my sal instaat stel om hulle te vergewe en dat ek ook medelye sal betoon. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00