LOJALITEIT.

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

LOJALITEIT.

 

Die verhaal word vertel van die man wat op ’n skip was na ’n sekere stad.  Die storm op die see was geweldig en die skip het begin skeur en opbreek. Hierdie man het toe oor boord gegaan en ’n syuk dryfhout gekry. Hy het daaraan vasgeklou terwyl die son sak oor die horison. Die hele nag het hy daaraan geklou totdat hy diep in die nag grond onder sy voete voel. Stadig het hy in die donker begin stap en die water het al hoe meer vlakker geword. Dit is toe die son op kom dat hy sien dat hy het op ’n verlate eiland uitgespoel.  Hy het die kus gepatroleer vir moontlike skip breukelinge maar niks gevind nie.

 

Dit is baie jare later, dat ’n skip daar aandoen vir die eerste keer. Hy het die mense verwelkom en die mooi eiland gewys. Die eerste gebou wat hy hulle gewys het, was sy huis. ’n Houthuis en hy sê toe:- “Ek het dit met my eie hande gebou.” Hy het hulle verder geneem en toe ’n tweede gebou gewys. “Dit is my kerk. Ek het dit met my eie hande gebou.” Hulle verder op die eiland gestap en toe wys hulle ’n derde gebou:- “ Dit is die kerk waarheen ek gegaan het.”

 

Hoe staan jou lojaliteit in die lewe? Daar is baie waaraan ons lojaal moet wees. Jou man/vrou, gesin, vriende, werk, en………  Wat van jou kerk?? Indien jy weet dat jou kerk die ware boodskap van die Evangelie bring, dan weet jy dat daar gaan stryd en teenkanting wees. Daar gaan aanvalle van die bose wees en onthou, die duiwel gebruik ook mense.  Mense wat in sy duisternis wandel en wat altyd die maklikste weg kies. WEES LOJAAL!!!!!! Natuurlik ook aan Christus en dit wat Hy vir ons in die Woord leer!!! Onthou – jy is geroep deur Christus om in die kerk jou Christenskap uit te lewe. Hierdie lewe lei na mense buite die geloof in Christus wat jy en ek moet bereik. Die Heilige Gees werk in Sy kinders om die werk te doen. Hy werk nie in jou om te alle tye en so gereeld as moontlik van die een kerk na die ander te spring nie!  WEES LOJAAL!!!

 

2 KOR. 1:24 “nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.”

 

GEBED

 

Vader, ondersteun my daagliks en help my om getrou lojaal te wees aan die wat U van my verlang? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00