LEWE SONDER KRAG!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

LEWE SONDER KRAG!

 

Daar was ’n ou dame wat in ’n eenvoudige, mooi, skoon huis gewoon het. In 1992  het daar ’n orkaan deur die dorp gegaan en haar hele huis beskadig. Die versekering het uitbetaal en dadelik het ’n kontrakteur die werk begin doen. Dit het gekom dat die geld klaar was en so het die kontrakteur ook verdwyn en hierdie ou dame se huis was nog nie voltooi nie. Die huis het geen krag gehad nie, en sy geen geld om die huis te voltooi nie.

 

Sy het geen lugreëlaar gehad as dit warm was nie. Sy het geen verwarmer gehad as die winter aangebreek het nie. Sy het geen warm bad of stort gehad nie! Sy het vir vyftien jaar in haar half voltooide huis met geen krag gewoon.

 

Sy het slegs ’n klein gasstofie gehad waarop sy haar kos gekook het – vyftien jaar lank.

 

Die ou dame se bure het nie ag gegee op haar toestand nie. Vyftien jaar na die orkaan het iemand die vrou se toestand onder die Burgemeester van die dorp vertel. Hy het dit dadelik ondersoek en toe hy vind dit is waar, het hy gereël dat haar huis voltooi word en sy krag kry. Daar word berig dat sy het die warm water laat loop totdat dit vuur-warm was en toe haar eerste “bubble bath” geneem in vyftien jaar.

 

Hoeveel mens lewe hul hele lewe, sonder om die wonderlike krag van die Heilige Gees te beleef? Hoeveel kinders van God het die krag uitgeblus en sal nie eers dit erken wanneer dit terugkom nie?

 

Lewe jy nog in die krag van die Heilige Gees – onder Sy beheer? Is jy sensitief vir Sy Woord en leiding? Is ’n Heilige lewe vir jou nog belangrik?

 

Efes. 5:17 “Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan

 

                    wat die wil van die Here is.”

 

:18 “Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word

 

        met die Gees vervul.”

 

1THESS. 5:19 “Blus die Gees nie uit nie.”

 

GEBED

 

Here ek het U krag verloor! Here maak my lewend na U Woord en dat ek weer sensitief sal wees vir die stem van die Heilige Gees in my lewe? Ek wil heilig met U lewe asook voor mense! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00