LEKKER “BROWNIES”!!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

LEKKER “BROWNIES”!!

 

Die twee dogters het by hulle pa gepleit om na ’n film met ’n ouderdomsperk te kyk. Dit was die nuutste film op die mark en hulle het aangehou pleit om dit saam met hulle vriende te kyk. Pa het natuurlik dit nie toegelaat nie maar die twee dogters se pleitrede het net vermeerder. “ Dit is net ’n paar vloek woorde en geweld en so hier en daar ander dinge!” het hulle gepleit.

 

Later daardie aand het hul pa vir hulle “brownies” gebak. Die twee dogters het dadelik weggeval en begin eet en so met ’n mondvol het hulle vertel hoe hulle dit geniet. “ Hou julle daarvan?” vra pa. “ O, ja , dit is heerlik!” het hulle geantwoord. “ Dit is wonderlik want ek het ’n nuwe resep probeer.” het pa vertel.

 

“ O, ja, en wat is die resep?” wil die twee weet. “ Wel ek het ’n paar hondebolle in die “brownies” ingewerk wat ’n geur gee waarvan mense hou.” vertel pa sonder om te lag. Hulle het dit wat in hulle mond is uitgespoeg en die in hulle hand dadelik laat val. “Ga , pa kan dit nie mos doen nie! Wat dink pa doen pa?” kla hulle.

 

Hulle pa het vertel dat hy dit nooit sou doen nie want net die kleinste hoeveelheid van sulke dinge is onaanvaarbaar. Hy het verder verduidelik dat God sien sonde in dieselfde perspektief. Dit maak nie saak hoe min of klein dit is nie ,vir God is dit so onaangenaam dat hy nie daarna kan kyk nie.  

 

Die dogters het toe saam gestem dat die film wat hulle wou kyk saam met hul vriende nie goed sou wees nie.

 

1 JOH. 3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

 

Is jy besig om te kyk hoe naby jy aan sonde kan lewe? Dink jy dat sonde geen effek op jou lewe sal hê nie? Dit is dieselfde om te dink jy kan van ‘n hoë gebou spring en nie seer kry nie of dat ‘n giftige slang se pik jou niks sal doen nie. Onthou – sonde maak dood en hierdie dood is om in die vuur van God vir ewig straf te ontvang. Daarom is die antwoord tot ontsnapping om Christus Jesus as Verlosser te aanvaar.

 

GEBED

 

Dankie Here vir U bloed wat my reinig van alle sonde en die Heilige Gees wat my waarsku om sonde te vermy. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00