KANNIE WAG VIR MORE

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

KANNIE WAG VIR MORE

 

’n Predikant het hom eendag op ’n vliegtuig langs ’n welbekende teoloog bevind. Hy konnie wag om ’n gesprek met die wyse man aan te knoop nie. Dit was dan ook net na ’n rukkie dat hulle begin praat het. Die professor het die predikant begin vertel hoe hy net ’n tydjie gelede sy seun aan die dood moes afstaan. Die predikant het rustig na die verhaal geluister.

 

Die professor vertel dat sy seun met ’n koors van die skool gekom het. Hulle het gedink dat dit maar net ’n kindersiekte is en gou sal herstel. Hulle het die seun na die dokter toe geneem en sy diagnose was dat hy ’n ernstige siekte het en dat die seun gaan sterf.

 

Hierdie professor het sy seun lief gehad en so het hy altyd langs die bed gesit. Dit was die middel van die helder sonskyn dag en die seun se kragte het minder geword en sy sig het verswak en sy brein was nie meer helder nie. “Pappa dit word donker né?” het die seun gesê. “Ja,  my seun dit word donker!” het hy geantwoord. “Pappa dit is nou tyd vir my om te gaan slaap?” het die seun gesê. “Ja my seun, dit is tyd vir jou om te gaan slaap.”

 

Die professor het vertel dat die seun het ’n manier gehad om sy kussing in ’n sekere vorm te druk en dan met sy kop op sy hande te slaap. Die seun het dit weer gedoen. “Nag pappa! Ek sal pappa in die more sien!” Hy het sy oë toegemaak en oor die kant gestap die hemel in.

 

Die professor het daarna niks meer gesê nie, maar net by die venster van die vliegtuig uitgekyk. Na ’n geruime tyd het die professor na die predikant gedraai en terwyl die trane oor sy wange rol het hy gesê:- “Ek kannie wag dat dit more moet word nie!”

 

Jy sien, die more gaan kom , dat ons , ons geliefdes gaan sien.

 

OPENB. 21:4 “En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”

 

  

 

Is jy gereed om die geliefdes wat ons vooruit gegaan het te ontmoet? Die more gaan kom en die hel of die dood sal dit nie kan keer nie.

 

GEBED

 

Dankie Here vir die wete dat more sal kom en dat die eerste dinge verby sal gaan. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00