JOU VRAG – JOU VERANTWOORDELIKHEID!

Clovis Chappell was ’n predikant, omtrent ’n eeu gelede, wat graag die verhaal van die twee wielstoombote vertel het.

 

Hierdie twee bote het op die Mississippi rivier van die een hawe na die volgende gevaar. Hulle het langs mekaar gevaar en die een boot se matrose het aanmerkings oor die ander boot se slakkepas gemaak. Dit was sommer gou-gou toe val die woorde tussen die matrose en die een groep daag die ander uit vir ’n wedren na die hawe. Dadelik het die wedren begin.

 

Die een boot het begin om spoed te verloor en agter geraak. Hulle het nie genoeg kole gehad vir die wedren nie alhoewel hulle genoeg gehad het om by die volgende hawe te kom. Die boot het meer en meer agter geraak en een van die matrose het van die vrag op die skip gebruik en in die vuur gegooi vir meer stoom en spoed. Die ander matrose het gesien dat die vrag van die skip net so goed verbrand soos die kole en sommer gou het hulle ook ingespring en van die vrag aan gedra en in die oonde gegooi. Hierdie vrag was hulle verantwoordelikheid om dit veilig by die volgende hawe te bring maar hulle het dit verbrand om die wedren te wen.

 

Die uiteinde was dat hulle wel die wedren gewen het, maar geen vrag gehad het om af te laai nie.

 

God het ook vrag aan ons elkeen toevertrou:- Ons kinders, ons lewensmaat, ons vriende, mense wat oor ons pad kom wat ons kan help, en so kan ons op noem.

 

Ons verantwoordelikheid is, om te sien dat hierdie vrag hulle bestemming bereik.

 

Wat doen jy met jou vrag aan jou toevertrou?

 

2 THESS. 3:3  Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

 

2 THESS. 3:4  En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal doen wat ons julle beveel.

 

  

 

GEBED

 

Vader, opnuut aanvaar ek verantwoordelikheid vir dit wat U aan my toevertrou het. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00