JESUS HET VIR MARIA OOK GESTERF.

Mark Lowry , die Christen komediant, het genoem dat die stilte van Maria by die kruis het hom altyd in bewondering gebring. Indien hy, Mark , gekruisig sou word in die middel van die dorp, sou sy ma beserk gegaan het, maar Maria het nooit ’n woord gesê nie. Mark noem dat moontlik wat die verskil veroorsaak het, was die eerste Kersdag. Sy het onthou hoe sy , Sy hande geneem het en Sy vingers getel het en dan die voete en die tone getel het.

 

Maar dan op ’n ernstige nood, sê Mark:-

 

“ Ek wonder of sy besef het dat daardie vingers het die water geskep en die oseane gevorm?

 

Ja, toe sy daardie tone getel het, het sy besef dat daardie voete het op die strate van goud geloop en is deur die engele aanbid?

 

Daardie lippe, is die lippe wat die wêreld tot stand geroep het.

 

Dit is toe Maria die Seuntjie gesoen het, het sy die gesig van God gesoen.”

 

Nou 33 jaar later staan sy by die kruis op Golgotha en kyk hoe die bloed uit Sy liggaam tap ….en sy het niks gesê nie. Ja, sy staan by die oomblik in die geskiedenis waarom alles wentel, die kruis van Golgotha waar die Seun van God gesterf het vir jou en my asook vir Maria, Jesus se moeder.

 

GAL. 6:14  Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.

 

GEBED

 

Here, dankie vir die kruis en dat ek volkome vry kan wees as gevolg van die werk aan die krui

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00