IS JOU SKOENE AAN DIE VERKEERDE VOETE?

Daar was eendag ’n klein seuntjie wat gekla het teenoor sy mamma dat die skoene wat hy dra hom baie seer maak. Sy het gekyk en gesien dat die skoene aan die verkeerde voete is. Sy het dit omgeruil en toe was die seuntjie baie bly en weer spring lewendig.

 

Soms is jou lewe so suur en ongelukkig. Jy vind fout met elkeen wat in jou teenwoordigheid kom. Is dit nie VANDAG nodig dat jy tot stilstand sal kom en na jou voete kyk nie. Indien jy die skoene dra wat die ander een dra, sal jy gelukkig wees????

 

EFES. 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,

 

EFES. 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

 

GEBED

 

Here, ek wil my oë op U gerig hou en doen wat U van my verlang. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00