Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

GOEIE RAAD DEUR MORRIE SCHWARTZ!

 

1.     LEER HOE OM TE LEWE , DAN SAL JY WEET HOE OM TE STERWE. SODRA JY WEET HOE OM TE STERWE DAN SAL JY WEET HOE OM TE LEWE.

2.     DOOD BEEINDIG LEWE EN NIE ’N VERHOUDING NIE.

3.     DOOD IS EEN SAAK OM OOR ONGELUKKIG TE WEES. OM ONGELUKKIG TE LEWE IS IETS ANDERS.

4.     ALLES WAT GEBORE WORD STERF. DIE BESTE OM DAARMEE TE DEEL IS OM BEWUSTELIK , YWERIG EN VOL LIEFDE TE LEWE. MOENIE WAG VIR JOU STERFBED OM DAN EERS UIT TE VIND DIT IS DIE ENIGSTE MANIER HOE OM TE LEEF NIE.

5.     MOENIE DINK DAT DIE AFSTAND TUSSEN DOOD EN LEWE IS BAIE GROOT NIE – DIT IS NET ’N BRUG.

6.     VERGEWE JOUSELF. VERGEWE ANDER. MOENIE WAG NIE.

7.     KRY SOVEEL HULP AS WAT JY KAN INDIEN JY DIT NODIG HET.

8.     INDIEN JY GEFRUSTREERD OF KWAAD IS MOET JY UITING DAARAAN GEE.

9.     DIE BESTE VOORSORG OM VOLUIT TE LEWE IS OM VOORSORG TE MAAK OM ENIGE TYD TE STERWE.

10.                         ALMAL SAL STERWE EN NA DIE DOOD VERSEKER VOORT “LEWE”.

 

1 SAM. 20:3  Maar so waar as die HERE leef en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood!

 

IS JY GEREED OM TE STERWE?

 

 

 

 

GEBED

Here, om te sterwe is ‘n feit. Dankie dat ek U kan vertrou ook vir die ewigheid? AMEN

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00