GOD SE DEEL!

Die dag toe die gemeente se tesourier bedank was almal verbaas met baie vrae in die gemoed. Wie sal nou die pos vul?

Die plaaslike graansuier bestuurder is genader om die pos te vul. Hy was ‘n betroubare man en almal in die dorp het hom geken. Hy het die pos aanvaar maar op twee voorwaardes:- 1. Niemand vra enige vrae oor die finansies van die gemeente in die eerste jaar nie en 2. Dat hy geen  finansiële verslag sal gee voordat die eerste jaar verby is nie.

Weereens is die gemeente verbaas maar omdat hulle hom geken het as betroubaar en met hom besigheid doen, het die gemeente ingestem.

Aan die einde van die jaar het hy sy verslag gegee:- Die gemeente se skuld by die bank van R228000-00 is ten volle vereffen, die predikant het ‘n 8% verhoging gekry, al die gemeente se aksies het geld in hul rekeninge gehad, al die gemeente se rekeninge is betaal en daar was R11252-00 in die bank gewees.

Soos ‘n koor het die gemeente gevra:- Waar kry jy die geld vandaan? Hoe het jy dit reg gekry?

Hy het geantwoord:- “ Die meeste van julle bring julle graan na my graansuier. Ek het elke keer met die weeg van jul graan slegs ‘n tiende daarvan gehou en vir die kerk gegee in julle naam. Julle het dit nie eers gemis nie. Kan julle sien wat ons vir die Here kan doen as elkeen net sy tiende vir die saak van God gee wat eindelik maar aan Hom behoort?”

So het die nuwe tesourier sy punt gemaak in die gemeente.

Mal 3:10  Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.

Mal 3:11  Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.

GEBED

Here, ek sal my deel gee wat U aan my toevertrou en wat aan U behoort. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00