GOD ONTMOET AL MY BEHOEFTES IN CHRISTUS.

Wat sou jou lys van behoeftes wees wat jy benodig om ’n lewe te leef wat God sal plesier? Verseker sal daar BAAAAAIE wees!

Miskien sal jou lys begin om soos volg te lees:-

Ek benodig wysheid  /  Ek benodig liefde  /  Ek benodig vrede  /  Ek benodig vreugde  /  Ek benodig krag  /  Ek benodig geduld  /  Ek benodig geloof  /  Ek benodig ……..  en so sal ons kan aangaan.

God ken al my behoeftes ja, selfs die waaraan ek nie eers dink nie!

Nou, hoe ontmoet God al hierdie behoeftes? Alleenlik in Christus Jesus.

EFES. 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

Kol. 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;

Kol. 2:10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

1.     Christus is my wysheid –  KOL. 2:3 in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.

2.     Christus is my krag –  FIL. 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

     3.  Christus is my liefde – 1 JOH. 4:8 ….. want God is liefde.

          1 JOH. 4:9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy  

          eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

4.     Christus is my vrede –  JOH. 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee  

     Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie   

     ontsteld word en bang wees nie.

5.     Christus is my vreugde – FIL. 4:4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal:  

     Verbly julle!

6.     Christus is my geduld –  KOL. 1:11 en met alle krag bekragtig word volgens  

     die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met   

     blydskap,

Wat ‘n wonderlike berusting in Christus om te weet dat Hy alles vir jou is!

Rus in die Here met die wete dat Hy weet wat jy nodig het elke dag?

GEBED

Vader, baie dankie dat U alles vir my is deur U Seun Christus Jesus! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00