GESINDHEID TEENOOR DIE LEWE!

Jare gelede het ’n man gesê dat ons moet so lewe , sodat indien ons sterwe, die begrafnisondernemer daaroor jammer sal wees dat ons dood is.

Die gesegde is , dat lewe begin op veertig. Die eindelike aspek is , dat die lewe begin wanneer JY daaroor besluit!

Moses was tagtig toe hy die Wet gekry het.

Aaron was drie-en-tagtig toe hy met die wonderwerke in Egipte begin het.

Josua was vyf-en-tagtig toe hy die volk in die beloofde land in gelei het.

Will Durant het op een-en-negentig ’n hele paar televisie programme verkoop.

Frank Lloyd Wright het die Guggenheim museum op die ouderdom van nege-en tagtig begin.

Kol. Sanders was diep in sy sestigs toe hy die eerste Kentucky winkel verkoop het.

’n Universiteit het ’n studie gemaak en bevind , dat indien jy gesond is, aktief bly soos jy ouer word sal jy ander mense geniet, vir jouself kan lag en die meeste uit die lewe op negentig kry net soos op veertig.

Hoe is jou gesindheid teenoor die lewe? Ja, daar is so baie negatiewe dinge waaroor ons nie eers wil skryf nie, wat daagliks in die gemoed maal.

Laat ons positief bly terwyl ons wag op die koms van die Meester.

DEUTERN. 31:6 “Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.”

GEBED

Here, dankie dat U altyd daar is, ten spyte van al die negatiewe aspekte rondom my. Ek wil my gesindheid teenoor die lewe positief lewe. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00