GESEëL,BEWAAR EN BESKERM.

Wie kan nog onthou hoe ouma of selfs ma die konfyt gekook het? Ai ,dit was so aangenaam om altyd te kyk hoe hulle dit so “profesioneel” doen.

Onthou jy hoe het ouma die konfyt in die bottel gegooi en daarna is was oor die konfyt gegooi totdat die inmaakfles vol was. Dit was nie die einde nie! Was is dan ook aan die rand van die bottel , baie versigtig, gesmeer en dan is die rubber en deksel opgesit en styf toe gemaak.

Die was, asook die digte deksel sal die konfyt seël sodat jy die konfyt op die rak vir ’n baie lang tyd sal kan bewaar. Ja, en sodra daardie bottel oopgemaak word, dan is die konfyt vars, want dit is geseël, bewaar en beskerm.

In baie huise kon daardie konfyt lank op die rak staan maar dit het nie altyd gebeur nie , veral as daardie vars , warm, stomende brood op die tafel geplaas is saam met die heerlike plaasbotter en konfyt. Onthou jy?

So is dit ook in die Christelike Godsdiens. Die Evangelie is aan ons gebring, jy het dit gehoor en dan het die Heilige Gees jou oortuig en jy het geglo en tot bekering gekom dan is jy geseël in Christus deur die beloftes van die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Die seël dat jy aan God behoort is oor jou geplaas en daar is niks wat daardie seël kan verbreek nie. Jy is eenkant gesit vir Hom, geseël, bewaar en beskerm tot daardie dag dat jy die verheerlikte liggaam sal verkry.

2 TIM. 2:19  Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

GEBED

Dankie my Vader, dat U my geseël het en ek wil afstand doen van alles wat U nie behaag nie. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00