GEEN PLEK SOOS JOU HUIS!

“Daar is geen plek soos jou huis!        Daar is geen plek soos jou huis!”

 Is die uitroepe wat mens baie keer hoor.

Die mens het altyd ’n spesiale plek in die hart vir die plek wat genoem word  “huis”. 

Verseker was Adam en Eva ongelukkig toe hulle uit die tuin van Eden moes gaan – hulle huis! 

Dink net hoe het Noag en sy familie na die waters geluister terwyl dit hulle “huis” omsingel het?

 Moses het sy huis verlaat om die wil van God te gaan doen vir sy lewe!

Die Here Jesus het gevind dat ’n profeet word nie verag nie, behalwe in sy eie huis!

Die verlore seun het besef, dat as ’n dienskneg ,is die huis beter as die varkhokke!

Hoe baie sugte van blydskap en dankbaarheid was daar nie in die motor as die gesin om die draai kom en die huis is in sig nie?

Dit maak nie saak of dit die kartondoos huisie of die bastion van huise is nie, mense is bly om by die huis te wees.

Net soos die huis op aarde tydelik is, so verseker en permanent sal die huis in die hemel wees. God daag ons elkeen uit om daagliks so te lewe in voorbereiding vir daardie wonderlike huis. Hy is die Een wat dit vir Sy kinders voorberei. Daardie huis sal nie deur die elemente van die natuur aangeraak word nie, sal skoon wees, ja Heilig, en dit sal vir ewig hou!

Voel jy so opgewonde oor die huis in die hemel soos die huis waarin jy woon?

Indien elkeen in afwagting en vol vreugde is vir daardie huis , hoe wonderlik sal elkeen hul lewe nie inrig en lewe nie?

OPENB. 21:1  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

JOH. 14:2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

JOH. 14:3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

GEBED

Dankie Here vir die huis wat U vir my voorberei! Ek sal lewe soos U van my verwag tot U eer. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00