EINDE VAN DIE LEWE SE OPLOSSING.

Kurt Wagner was een van Hitler se lyfwagte. Hy het Hitler gedien en het hom as ’n god gevolg in wat hy gesê het. Tydens die einde van die oorlog het Hitler dan selfmoord gepleeg in een van die ondergrondse skuilings in Berlin. Kurt se lewe het tot stilstand gekom en hy het geen geloof meer gehad nie. Hy het net een uitweg gehad vir sy lewe en dit was selfmoord. Kurt het toe gegaan om ’n laaste koppie koffie te gaan drink. Terwyl hy stap vir die koffie, tel hy ’n geskeurde traktaatjie op. Hy het dit eers sorgeloos gelees maar later aandagtig. Hy het sy toestand besef, asook dat hy Jesus Christus in sy lewe nodig het. Hy het ’n predikant gesoek om die saak te bespreek en die predikant het hom na die Here gelei. Kurt is verander vanaf ’n verharde, harde mens na ’n liefdevolle persoon.

Hy het ’n nuwe lewe gevind en ’n nuwe skepsel in Christus gelewe.

Liewe vriend/in, vandag lewe jy met die gedagte van selfmoord. Jy redeneer dat jy het aan die einde van jou lewe gekom. Jy sien geen uitkoms nie. Jy het geen antwoorde vir die lewe nie. Jy het ook nie meer die krag om al die stryd van die lewe te hanteer en te verwerk nie. Jou geloof is min en jy beskuldig God dat Hy nie jou gebede verhoor nie. WAT NOU??

Ja, ek weet jy wil dit nie hoor nie, maar die antwoord is dat by Jesus Christus is uitkoms en om Hom te vertrou met jou HELE lewe is die oplossing terwyl jy wag op die uitkoms.

MOENIE NOU IN JOU TOESTAND IETS DOEN WAAROOR JY IN DIE EWIGHEID GAAN SPYT WEES NIE!

ROM. 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

:33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.

:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.

:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

:36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge

:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

GEBED

Vader dankie dat U vir my die begin is van die lewe, waar ek dink dit is die einde! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00