EEN ARM – EEN GOOI!

Daar was ’n seuntjie wat sy linkerarm verloor het in ’n motorongeluk. Hy het toe besluit om Judo te neem. Die seun het begin lesse neem by ’n ou Japanese Judo instrukteur. Die seun het eintlik baie goed gedoen maar na drie maande se opleiding kon die seun nie verstaan waarom die instrukteur hom net een gooi geleer het nie.

“ Sensei, moet ek nie meer leer nie?” het die seun gevra. Die instrukteur het geantwoord:- “ Hierdie is die enigste gooi wat jy ken en dit is die enigste gooi wat jy ooit nodig sal kry.”

Na ’n paar maande het die instrukteur die seun na sy eerste toernooi geneem. Die seun het sommer baie maklik sy eerste twee gevegte gewen. Die derde geveg was moeiliker maar na ’n tyd het die opponent sy geduld verloor en gestorm en die seun het sy enigste gooi wat hy ken gebruik en die geveg gewen.

Die seun was verbaas oor sy sukses want nou was hy in die finaal. Sy opponent was groot, swaarder, sterker en met baie meer ondervinding as die seun. Die geveg het begin en vir ’n oomblik het dit gelyk asof hy oorheers gaan word. Die skeidsregter was bevrees dat die seun sou seer kry en wou die geveg stop maar die sensei het geskree dat hy moet aangaan.

Die volgende oomblik het die opponent ’n fout begaan deurdat hy nie op sy hoede was nie en die seun het sy enigste gooi wat hy ken gebruik en die geveg gewen.

Die seun en die sensei het oppad huistoe elke beweging weer beleef en die seun het die moed gehad om die sensei te vra hoedat hy die toernooi kon wen met slegs een arm. Die sensei het genoem dat daar twee redes voor is: 1. Jy het bykans die moeilikste gooi in Judo bemeester en 2. Die enigste wyse om daardie gooi teen te werk is om die opponent se linkerarm te gryp.

Die seun se grootste swakpunt het sy sterkste krag geword.  Verkry van Allan Smith

ROM. 15:1  En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.

1 KOR. 16:13  Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.

GEBED

Dankie Here, dat ek my daaglikse krag in U verkry. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00