DIE WET VAN DIE PENDULUM.

’n Student is gevra om ’n les voor te berei. Hy sou gemerk word op sy kreatiwiteit en vermoë om ’n punt te bewys wat altyd onthou sou word. Sy les se tema was: die wet van die pendulum. Hy het twintig minute spandeer om die werking van ’n swaaiende pendulum te bespreek. Die wet van die pendulum is:- ’n Pendulum kan nooit ’n  punt hoër bereik as die punt vanwaar dit losgelaat is nie. As gevolg van wrywing en gravitasie , wanneer die pendulum terug keer , sal dit korter as die punt vanwaar dit gelos is terug keer. Elke keer wanneer dit swaai word die swaai korter totdat dit tot stilstand kom. Hierdie punt van stilstand word die staat van ewewig/balans genoem waar al die kragte wat op die pendulum inwerk dieselfde is.

Die student het ’n tou aan ’n speel tol vas gemaak en toe weer aan die bopunt van die swartbord. Hy het die tol na die eenkant toe getrek en ’n merk op die bord gemaak. Daarna het hy die tol gelos en elke keer wanneer die tol terug kom , het hy ’n merk op die bord gemaak. Dit het minder as ’n minuut geneem voordat die tol tot stilstand gekom het. Die merke op die swartbord het die wet van die pendulum bewys.

Die student het dan almal in die klaskamer gevra of hulle glo die wet van die pendulum is waar. Almal het hulle hande op gesteek sowel as die dosent.

Die dosent het na vore begin stap , met die gedagte dat die lesing klaar is maar eintlik het die lesing nou eers begin.

In die middel van die klas het die student aan ’n staal konstruksie ’n pendulum van so 250 kg. vasgemaak. Hy het die dosent gevra om voor in die klas op die tafel op ’n stoel te kom sit met sy kop teen die muur. Die student het die 250kg. pendulum getrek tot baie naby die neus van die dosent. Die student het weer verduidelik dat indien die wet van die pendulum waar is, hy die groot stuk massa gaan los , wat dan deur die klaskamer sal swaai en wanneer dit terug kom sal dit kort van die dosent se neus omdraai. Dus sal die dosent se neus in geen gevaar wees nie. Die student het na die dosent gekyk en gevra of hy dit volkome glo. Die dosent het na ’n kort stilte ja gesê en die klas het ook ingestem. Die student het die swaar pendulum gelos en dit het ’n suis geluid deur die lug gemaak, ’n oomblik aan die anderkant tot stilstand gekom en toe die swaai terug begin.

Die student het later getuig dat hy nog nooit in sy lewe gesien het dat ’n man so vinnig van ’n stoel af kan duik nie.                                  Uit:- How to speak to youth – Ken Davis

Dit was maklik vir die dosent om die wet van die pendulum in teorie te glo maar toe sy lewe van die wet van die pendulum afhang, was hy ongelowig.

Hoe maklik is dit nie vir ons om die teorie van die Evangelie te glo Sondae wanneer ons by die kerk is nie? Dit is wanneer jy in die werksplek en sportveld en huis is waar die werklike uitleef van die Evangelie moet plaasvind dat die teorie wat jy geleer het tot werklikheid kom.

Daarom moet jy jou lewe in teorie en praktyk volkome aan die Here God toevertrou.

PSALM 9:11 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!

2 KOR. 12:9  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.    

GEBED

Dankie Here dat ek myself volkome aan U kan toe vertrou! AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00