DIE WAGGELENDE EENDE!

Die verhaal word vertel van die eende wat waggelend die Sondag na die Eend-kerk gestap het om die eend-prediker te hoor preek.  Hulle het baie mooi waggelend in die kerk gestap en die diens het begin. Die eend-prediker het baie ernstig , reguit en duidelik gepreek oor die feit dat God die eende vlerke gegee het om te vlieg.

Hy het die kansel ’n paar keer met sy bek gekap en die erns van die saak onder hulle aandag gebring. “ Met hierdie vlerke is daar geen plek waar ons nie kan gaan nie. Daar is geen God gegewe taak wat ons as eende nie kan doen nie. Met hierdie vlerke het ons nie nodig om deur die lewe te loop nie, NEE ons kan hoog deur die lug vlieg! JA, ons kan hoog deur die lewe vlieg!” Hewige AMENS is gekwaak vanuit die gehoor. Die prediker het sy boodskap afgesluit met :- “ONS…. KAN……VLIEG!!!!”  Weereens het die gehoor gekwaak “ AMEN”.

Elke eend gemeentelid het van die diens gehou! Hulle het saam gestem dat hierdie ’n boodskap vanaf die Here was. Ja, ’n boodskap wat in die hart werk en wat jou oortuig en aanspoor om te doen wat gepreek is………. HULLE….. KAN…. VLIEG…..!

EN TOE WAGGEL HULLE ALMAL WEER HUISTOE!

Hoe dikwels gebeur dit dat jy weg waggel van die erediens…dieselfde as wat jy in gewaggel het?

Ons moet reageer op die boodskap van die Here en ons moet Hom dien met ons lewe en soos Hy ons oortuig.

ROM. 12:1  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

ROM. 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

GEBED

Here, verander my hart om ingestem te wees met U hart en U wil te doen en nie net weg te waggel vanaf U Woord nie? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00