DIE VIOOL

Die groot vioolles Niccolla  Paganini het sy pragtige viool bemaak aan die stad Genoa. Daar was wel een voorwaarde gewees en dit is dat niemand die viool mag bespeel nie.

Die hout van so ’n instrument verweer baie min wanneer dit hanteer en bespeel word maar wanneer dit nie hanteer en bespeel word nie dan verrot dit baie gou.

Paganini se viool vandag is deur die wurms gevreet en ‘n verrotte oorblyfsel.

Die kind van God se onwilligheid om te dien se kapasiteit om gebruik te word sal vernietig word. 

Talle mense koop antieke waardevolle artikels om dit nooit te gebruik nie. So is daar mense wat duur antieke motors koop waaroor hulle net “ ooeee” en “ahhh” maar daardie motors word nie gebruik nie.

Hoe baie kinders van die Here het wonderlike talente wat hulle gebruik vir die Here se saak OF hulle gebruik dit glad nie OF hulle gebruik dit slegs vir eie voordeel met die verkeerde motiewe?  God het elke kind van God talente en gawes gegee om te gebruik om die Kerk van Christus sterk te maak deurdat hulle saam werk.

Markus 10:44  En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.

Markus 10:45  Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.

GEBED

Here, dankie vir die talente wat U my gegee het. Toon my waar ek betrokke moet raak? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00